Arpa Guest Farm
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Arpa Guest Farm, 6 km van Fouriesburg af op die Clarens-pad. Fouriesburg is 'n Oos-Vrystaatse dorpie in die Brandwaterkom. Caledonspoort, een van Lesotho se grensposte, is sowat 8 km van Fouriesburg af. Die plaas het 'n 180º-uitsig op die berge en is sowat 20 tot 50 m van 'n dam af geleë.
Daar is 2 eenhede wat bespreek kan word. Die perseel bied slaapplek aan 37 gaste. Arpa Guest Farm is 'n "groen" plaas wat nie gebruik maak van die tradisionele kragnetwerk nie. Sonkrag word gebruik om die ligte aan te hou. 'n 800 liter-donkie word gebruik om die warm water te voorsien. Daar is 'n kragopwekker beskikbaar vir haarkappers.
Daar is nie TVs wat aandag aftrek van die lieflike aktiwiteite en plaaslewe wat die plaas bied nie. Daar is genoeg vuurhout vir boma-vure. Gaste moet asb. hul eie houtskool bring.
Die hele plaas kan bespreek word en is ideaal vir verjaardagpartytjies en troues teen 'n vaste koers. Doen asseblief navraag oor die tariewe. Spyseniering, soos spitbraai, potjie en ontbyt, is beskikbaar op versoek.
By Arpa gee ons om vir die omgewing en eensgesinde gaste is meer as welkom!
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Christo Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 60
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat
- Gaste dink Arpa Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Gate Streek Clarens Vrystaat
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat