Boardwalk
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oloff Hennig-singel 21, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Vanaf R6 250 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Boardwalk is 'n ruim selfsorghuis in Britanniabaai, St. Helenabaai en dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie, want dit bied direkte toegang tot die strand en spog met 'n 180°-uitsig oor die see.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed. Die ander 2 badkamers het elk 'n bad en 'n stort, of net 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, 2 yskas-vrieskaste, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitarea met gemaklike rusbanke. Daar is ook 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi.
Let asb. dat daar geen wasgoedgeriewe is nie, en dus nie 'n wasmasjien of tuimeldroër is nie. Daar is wasserye in St. Helenabaai wat 8 km van die huis af is, of gaste kan hul wasgoedkwessies met die eienaars bespreek wat hul ook sal ontmoet tydens die in- en uitklokproses.
Die huis spog ook met 'n kuierarea met 'n binnenshuise swembad, ingeboude braaigeriewe en oorgenoeg sitplek. Die kuierarea lei na 'n dek met sitplek en die mooiste uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Oloff Hennig-singel 21, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Gaste dink Boardwalk het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Britanniabaai St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oloff Hennig-singel 21, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap