Geverifieerde Resensie
Bovlei
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bovlei bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 45 resensies.
"I love the Cape-Dutch and French architectural designs of most, if not all buildings. There's some as old as 250 years old."
"Die wynplase is lekker naby en het 'n cosy feeling, maar meerderheid van hulle vereis 'n bespreking vir die wynproe. "
"Ek dink Wellington is sentraal geleë, naby baie aktiwiteite en het baie mooi uitsigte, hoewel ek op 'n sakereis was en nie aan enige aktiwiteite deelgeneem het nie."
"The gravel road added to the rustic feel of the place. We loved everything about it."
"Ja. Die Bovlei-area is nogal iets om te sien, die uitsig is pragtig tussen al die berge en daar is baie om te doen, veral vir wyn liefhebbers. "
"Dit is baie netjies en mooi. Ons het nie baie tyd hier spandeer nie, maar het die tydjie geniet."
"Sentraal geleë om die minder bekende wynlande te verken. Dagritte oor Bainskloof na Tulbagh en Ceres of na Riebeeck-Kasteel of Paarl is aanbeveel. Bovlei is 'n rustige en stil omgewing waar mens kan wegkom van die stadsgewoel. "
"Nie ons eerste besoek aan Bovlei nie. Sal dit weer besoek en geniet die vriendelike en gasvrye mense baie. Ry gerus die Bainskloofpas vanaf Worcester tot in Wellington - dit is vir my die mooiste van die hele Bovlei-gebied."
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek."