De Oude Pastorie Gastehuis
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
- Vanaf R550 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Oude Pastorie is die oudste huis op die dorp en was die Nederduits Gereformeerde Kerk se eerste pastorie in Victoria-Wes.
Die verblyf word in 5 kamers met en suite-badkamers aangebied. Een kamer met 3 enkelbeddens; 1 enkelkamer, 1 kamer met 'n dubbelbed en 2 kamers met driekwartbeddens. Elke kamer het 'n privaat ingang, 'n waaier, elektriese kombers en koffie- en teemaakgeriewe. Ons het 'n TV-kamer met 'n kaggel vir die koue winters. Verder is daar veilige parkeerplek en 'n speelgrond vir kinders.
Die eienaar teel met skou-pluimvee en gaste is gewoonlik geïnteresseerd daarin - dit is beslis anders as die gewone blyplek. Daar is ook 'n speelterrein vir die jongspan.
Ons is stapafstand van staproetes, die Apollo-teater, distriksmuseum en restaurant af. Ons sit 'n heerlike Karoo-aandete (moet vooraf bespreek word) en ontbyt voor. Middagetepakkies is beskikbaar op versoek. Ons maak ook voorsiening vir klein groepe.
Let asseblief daarop dat ons nie kredietkaartgeriewe op die perseel het nie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Rhonnie & Elize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 312
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
- Gaste dink De Oude Pastorie Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Victoria-Wes Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap