De Oude Pastorie Gastehuis
Beskrywing
De Oude Pastorie is die oudste huis op die dorp en was die Nederduits Gereformeerde Kerk se eerste pastorie in Victoria-Wes.
Die verblyf word in 5 kamers met en suite-badkamers aangebied. Een kamer met 3 enkelbeddens; 1 enkelkamer, 1 kamer met 'n dubbelbed en 2 kamers met driekwartbeddens. Elke kamer het 'n privaat ingang, 'n waaier, elektriese kombers en koffie- en teemaakgeriewe. Ons het 'n TV-kamer met 'n kaggel vir die koue winters. Verder is daar veilige parkeerplek en 'n speelgrond vir kinders.
Die eienaar teel met skou-pluimvee en die gaste is gewoonlik mal daaroor om dit te aanskou - dit is beslis anders as die gewone blyplek. Daar is ook 'n speelterrein vir die jongspan.
Ons is stapafstand van staproetes, die Apollo-teater, distriksmuseum en restaurant af. Ons sit 'n heerlike Karoo-aandete (moet vooraf bespreek word) en ontbyt voor. Middagetepakkies is beskikbaar op versoek. Ons maak ook voorsiening vir klein groepe.
Let asseblief daarop dat ons nie kredietkaartgeriewe op die perseel het nie.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na De Oude Pastorie Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |