Farmer Burgers Akkommodasie
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R600R510 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Farmer Burgers Akkommodasie bied gerieflike plaasverblyf 9 km suid van Lambertsbaai, 'n vissersdorpie aan die Weskus. Lambertsbaai is 'n gewilde wegbreekbestemming weens die pragtige wit strande, wildlewe, branders wat breek, golwende duine, 'n eiland waar voëls broei en 'n matige klimaat regdeur die jaar.
Verblyf is in 2 selfsorg-eenhede beskikbaar. Die groter eenheid het 2 slaapkamers en slaapplek vir 4 gaste. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea met plek vir 2 ekstra persone. 'n Ekstra fooi word vir persone ouer as 12 gehef. Die kleiner eenheid het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind.
Albei eenhede het 'n buitebraai en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eenhede het nie 'n see-uitsig nie, maar daar is 'n privaat strand 50 m vanaf die eenhede geleë, oorkant die teerpad.
Die bekende branderplank-bestemming, Farmer Burgers is net oorkant die pad. Om die plaasatmosfeer te behou word daar hoofsaaklik van gas, olielampies en kerse gebruik gemaak. Krag word slegs gebruik vir die yskaste, laai van selfone, haardroërs en basiese behoeftes. Indien mens wil wegkom van selfone, TV's en stadsrumoer, is dit die plek om die natuur en die rustigheid van die plaas en see te kom geniet.
Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Jacques Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Farmer Burgers Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom