- Kapasiteit: 21 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
In die hartjie van Graaff-Reinet staan KarooRus, 'n pragtige, opgeknapte huis wat 7 selfsorg-eenhede bied. Ongeag of jy vir plesier of besigheid die dorp besoek, bied KarooRus 'n plek waar jy kan rus en jou batterye herlaai in luukse, sonder om jou sak te ruk.
Daar is 7 luukse selfsorg-eenhede. Elke eenheid het sy eie ingang. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, braaigeriewe, en daar is 'n rolstoelvriendelike eenheid beskikbaar.
Elke eenheid het lugversorging, 'n kombuisie en ontbythoekie met kooktoebehore en eetgerei, 'n mikrogolfoond en tweeplaatstofie, komplimentêre tee en koffie, 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n koningingrootte-bed en/of enkelbeddens, duvets, lakens, sponskussings en ekstra komberse, handdoeke, 'n platskerm-TV met DStv, 'n haardroër, klerekas en radiowekker.
Graaff-Reinet is 'n sonderlinge dorpie in die Karoo met genoeg oulike winkels, restaurante en museums om jou vir dae besig te hou. Die dorp word omring deur 'n natuurreservaat en dit dra by tot die kalmte wat in die dorp heers.
KarooRus is in die hartjie van Graaff-Reinet geleë. Die meeste restaurante, museums en winkels is net 5 minute se stap ver.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Forex
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Bennie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 308
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink KarooRus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 21 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom