San Lameer 3018
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laer Suidkusweg, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer 3018 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamervilla op die San Lameer Landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Gaste kan 'n heerlike seevakansie geniet op die gesogte gholflandgoed waar daar verskeie geriewe is, soos 'n spa, 2 swembaddens, 'n kroeg langs die meer, restaurante, tennisbane, muurbalbane en 'n bergfietsroetes.
Dié villa beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers op die boonste verdieping. Die oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea is op die onderste verdieping. Die villa het lugversorging en 'n ruim patio wat uitkyk oor die tuin met 'n ingeboude braai. Elke kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n TV met DStv-PVR en 'n DVD-speler. Die DStv-slimkaart is ingesluit. Die villa word daagliks skoongemaak deur Constance.
Die villa is goed geleë naby die swembaddens en stapafstand vanaf die strand. Die landgoed het 'n wegneemeetplek by die ingang na die strand en die klubhuis bied maaltye ─ hulle pizza is baie gewild! San Lameer is 'n bewarea met meer as 195 voëlspesies, oorvloed wild en inheemse plantegroei. San Lameer is 21,1 km vanaf die Wild Coast Casino, 149 km vanaf Durban en 181 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Mariette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Laer Suidkusweg, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer 3018 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laer Suidkusweg, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal