See Uitsig 10
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Jun 2024 tot 7 Jul 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Garden-laan 63, Uvongo Beach, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R720 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
See Uitsig 10 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo-strand geleë.
Die woonstel is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 'n maksimum van 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 2 kinders. Die tweede badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, diepvrieskas, mikrogolfoond, oond en ander toebehore toegerus.
Die sitarea langsaan het 'n TV. Daar is geen DStv nie, maar wel 'n groot verskeidenheid DVDs. Die leefarea bied toegang tot 'n klein balkon met 'n ingeboude braai.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en onderdakparkeerplek. See Uitsig 10 is 4 km vanaf Margate North-strand en net 'n klein entjie se ry vanaf ander besienswaardighede aan die Suidkus.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 359
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Garden-laan 63, Uvongo Beach, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Garden-laan 63, Uvongo Beach, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal