Geverifieerde Resensie
Wellington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wellington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 211 resensies.
"Daar is 'n aantal histories geboue in die dorp. Die omgewing (berge en wingerde) is mooi. "
"Beautiful place, more for adults who want to get away from the city life and relax a bit. "
"Baie sentraal om die platteland (Boland) te verken en beskik oor die nodige winkels vir basiese benodighede. 'n Vyfsteratletiekbaan [1 van net 3 in ons land) waar ons seun kon oefen. Goeie restaurante net buite die pragtige dorpie."
"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
"Dit is 'n pragtige dorp met lieflike Victoriaanse geboue en daar is baie om te doen. "
"Buiten wynplase besoek, is daar nie regtig ander toeristeaantreklikhede nie, of dit word net nie bemark nie."
"Stellenbosch, Paarl en Franschhoek die meer bekende wynlandgoedere, maar Wellington staan geensins terug nie en het ook historiese besienswaardighede. "
"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
"Pragtige klein dorpie wat alles bied wat 'n reisiger nodig het. Oulike restaurante."
"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "
"Goed geleë vir besoek aan verskeie wynplase en kelders in die omliggende omgewing."
"Ons het nie regtig gegaan om toeristebestemmings te besoek nie, maar wel om net 'n rustige naweek weg van die gewoel te geniet. Ek weet egter dat Wellington ryk is aan geskiedenis en sou graag meer daarvan wou weet en plekke van belang besoek as ek meer tyd vir rondry gehad het. "
"Wellington is almost the undiscovered gem of the Boland. A picnic at Cascade Manor and breakfast at Au de Hex is an absolute must. We have fallen in love with Wellington."
"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."