Waterside Escape
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palm-rylaan, Jamaican Palms 17, Marina Martinique, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Waterside Escape is op die kanaal geleë en is 'n ruim selfsorgwoonstel vir 4 volwassenes en 2 kinders in Marina Martinique, Jeffreysbaai.
Die woonstel wat noord front is op die grondvloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, en die tweede badkamer het 'n bad en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik.
Die sitkamer beskik oor 'n TV met 'n internetverbinding vir toegang tot Netflix en Youtube, en WiFi is beskikbaar. Die sitkamer lei na die ingeboude braai-area wat uitloop op die gemeubileerde houtdek wat oor die kanaal uitkyk.
Die verblyf het ook 'n omskakelaar vir gaste se gerief tydens beurtkrag.
2 kajakke is beskikbaar vir gaste om te gebruik. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
17 Jamaican Palms is 500 m vanaf die strand en verskeie winkels en restaurante. Die area bied verskeie doendinge soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, en meer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Tania Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Palm-rylaan, Jamaican Palms 17, Marina Martinique, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Waterside Escape het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marina Martinique Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palm-rylaan, Jamaican Palms 17, Marina Martinique, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang