199 Villa Sabuti
Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sabuti Simbithi Eco Estate 199, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 200R1 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
199 Villa Sabuti is 'n huislike tog luukse selfsorgvilla in die Sabuti-deel van die Simbithi Ekolandgoed in Ballito. Die omheinde landgoed is veilig en die ideale vakansiebestemming vir 'n gesin.
Die ruim villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet, oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n ysmasjien. Die ruim sitkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die hoofslaapkamer en sitkamer het stapeldeure wat op 'n beskutte stoep met 'n etenstafel en stoele oopmaak. Die beskutte stoep het ook stapeldeure wat op 'n balkon, stoepmeubels en 'n gasbraai oopmaak.
Simbithi-landgoed bied lekker buitelugdoendinge soos fietsry- en voetslaanroetes, gholf- en mini-gholfbane, visvang in damme vol voorraad, speelareas vir kinders, piekniek- en braai-areas, restaurante, swembaddens en 'n ryk voël- en dierlewe. Dis stapafstand vanaf Thompson's Bay se gewilde strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Sandra Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 184
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Sabuti Simbithi Eco Estate 199, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 199 Villa Sabuti het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Thompsonsbaai Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sabuti Simbithi Eco Estate 199, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal