317 Nkwazi Drive
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 12, Nkwazi Ridge Estate 317, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 125 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
317 Nkwazi Drive is op Nkwazi Ridge Estate in die idilliese kusdorpie Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal, geleë. Hierdie selfsorghuis is perfek vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige ontsnapping naby van die strand.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die ander 3 kamers is op die eerste verdieping. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens vir kinders en daar is nog 'n koninggrootte-bed in die vyfde slaapkamer. Gaste in die vierde en vyfde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Al die slaapkamers het lugversorging en direkte toegang tot balkonne. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Die groot oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis, opwasarea, leefarea en eetarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n etenstafel. Verder is daar 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Gratis Wi-Fi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n groot stoep met meubels en 'n ingeboude braai.
Gaste het toegang tot 'n grasperk en 'n dubbelmotorhuis op die perseel. Die landgoed het 'n gemeenskaplike swembad, 'n tennisbaan, 'n klubhuis, asook 24 uur-sekuriteit. Hierdie verblyf is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante, en is ook naby die strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.8/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 38
Resensies 4
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 12, Nkwazi Ridge Estate 317, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Nkwazi Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 12, Nkwazi Ridge Estate 317, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal