Cayden's Place
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 940 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Cayden's Place is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die veilige en goed gevestigde woonbuurt, On Golden Mile in St. Helenabaai, net 'n kort ent se stap van 'n lang strand af.
Die huis het 3 slaapkamers en is geskik vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en privaat balkon. Die derde kamer is 'n opgeknapte motorhuis op die onderste verdieping en het 'n tripelstapelbed en 'n enkelbed. Die tweede badkamer is onder en het 'n stort, bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n groot binnebraai-area.
Die sitkamer het gemaklike banke, 'n enkelslaapbank en 'n TV met DStv. Die eetarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul etes saam kan geniet. Dit het 'n tafelsokkerblad vir vermaak.
Die leefarea lei na 'n onderdakbraai-area deur groot opvoudeure. Die agtertuin is heeltemal omhein.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Cayden's Place is in 'n baie vriendelike omgewing. Die baai is ideaal vir alle soorte watersport, insluitend roei, seil, ski, duik, kajak, seilplankry en lyfplankry. Gaste kan ook stap of draf en die Shelley Point Gholfklub is binne 4 km van die huis af.
Dit is die perfekte Weskushuis vir gesinne, vriende of paartjies op soek na 'n naweekwegbreek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Malande Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 71
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Cayden's Place het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap