LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cayden's Place | LekkeSlaap
+33

Cayden's Place

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 360 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Cayden's Place is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die veilige en goed gevestigde woonbuurt, On Golden Mile in St. Helenabaai, net 'n kort ent se stap van 'n lang strand af.

Die huis het 3 slaapkamers en is geskik vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en privaat balkon. Die derde kamer is 'n opgeknapte motorhuis op die onderste verdieping en het 'n tripelstapelbed. Die tweede badkamer is onder en het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n groot binnebraai-area.

Die sitkamer het gemaklike banke, 'n enkelslaapbank en 'n TV met DStv. Die eetarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul etes saam kan geniet. Dit het 'n tafelsokkerblad vir vermaak.

Cayden's Place is in 'n baie vriendelike omgewing. Die baai is ideaal vir alle soorte watersport, insluitend roei, seil, ski, duik, kajak, seilplankry en lyfplankry. Gaste kan ook stap of draf en die Shelley Point Gholfklub is binne 4 km van die huis af.

Dit is 'n egte Weskusstyl-huis wat ideaal is vir gesinne, vriende of net paartjies wat op soek is na 'n naweekwegbreek.

Slaapplek

’n Bespreking by Cayden's Place sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Cayden's Place
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cayden's Place het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 360
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 360
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooinaeltjiestraat 7, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde9VdLUWiEBkAAIKeJdjPU0WAHIMWefEEZCGTVeEMJRKppR4rk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 360  per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 7 Rooinaeltjie Street Golden Mile 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -32.723608999364 17.950136007806
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!