Easy 4 Dayz
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Easy 4 Dayz is in McGregor in die boonste deel van die dorp geleë. Dié skeepshouerhuis het 'n innoverende ontwerp en bied gehalteverblyf aan 'n klein gesin.
Die huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n kinderbed, en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n moderne yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die huis het ’n groot stoep wat noord front en 'n ingeboude braai en plonspoel in 'n waterslim-tuin. Die buitebraai-area is 'n belangrike element wat deel van die argitektuur vorm. Die westelike muur van die huis het 'n groot afdak wat die dek beskerm en toelaat dat die stalskuifdeure die leefarea na buite laat vloei. Trappies lei vanaf die dek na die plonspoel en tuin.
Dit is 'n nuwe boustruktuur-konsep in McGregor wat skeepsvraghouers herwin. Die huis is 'n skeepsvraghouer wat met 'n witgepleisterde muur omring word. Die muur sorg dat die huis termiese eienskappe het en beskerm die huis teen die suidoostelike wind in die somer en die noordwestelike wind in die winter. Dié vermenging van boustyle laat toe dat McGregor se streeksargitektuur tot uiting kom, soos by die diep holtes rondom die vensters en deure, wat ook die eenheid teen die strafste sonlig beskerm.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Lucille Geverifieer
Eiendomme 27
Resensies 373
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Easy 4 Dayz het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap