Easy 4 Dayz
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 926 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Easy 4 Dayz is in McGregor in die boonste deel van die dorp geleë. Dié skeepshouerhuis het 'n innoverende ontwerp en bied gehalteverblyf aan 'n klein gesin.
Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelstapelbed en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Linne, badhanddoeke, swemhanddoeke en koffie en tee vir die eerste dag word voorsien. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die eenheid het ’n groot stoep wat noord front en 'n ingeboude braai en plonspoel in 'n waterslim-tuin. Die braai is 'n belangrike element wat deel vorm van die argitektuur. Die westelike muur van die huis het 'n groot afdak wat die dek beskerm en toelaat dat die staldeure die leefarea na buite laat vloei. Trappies lei vanaf die dek na die plonspoel en tuin.
Dit is 'n nuwe boustruktuur-konsep in McGregor wat skeepsvraghouers herwin. Die huis is 'n skeepsvraghouer wat met 'n witgepleisterde muur omring word. Die muur sorg dat die huis termiese eienskappe het en beskerm die huis teen die Suidooster in die somer en die noordwestelike wind in die winter. Die vermenging van boustyle wat gebruik is laat toe dat McGregor se streeksargitektuur tot uitdrukking kom soos by die diep holtes rondom die vensters en deure wat ook die eenheid teen die strafste sonlig beskerm.
Slaapplek
’n Bespreking by Easy 4 Dayz sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Easy 4 Dayz het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 85, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom