Eight on Williams
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap
-
Vanaf
R850R638 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Eight on Williams bied 2 selfsorgwoonstelle op die eienaars se perseel in Paarl Noord - 'n prentjiemooi dorp wat bekend is vir die plattelandse prag, uitstekende wynlandgoedere, knus koffiewinkels, pragtige argitektuur en vrugteplaas-erfenis.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede waarvan die 1 geskik is vir 2 volwassenes met 'n kind en die tweede eenheid geskik is vir 3 volwassenes en 'n kind.
Dié eenhede het elk 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n slaapbank. Eenheid 2 het ‘n addisionele enkelbed. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die kombuisie is met 'n yskas, tweeplaatstoof (gas), mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel toegerus. Elke eenheid het ook 'n haardroër, tafel wat as 'n lessenaar of etenstafel ingespan kan word, 'n TV met Netflix, Disney+ en DStv, asook gratis WiFi. Gaste moet asb. met hulle eie besonderhede aanmeld. ‘n Strykyster is op versoek beskikbaar. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die TV en 'n helder lig werk steeds tydens beurtkrag. Daar is 'n gasgeiser, so daar is altyd warm water. Die buite-area word deur gaste van albei eenhede gedeel.
Die Paarl is die tuiste van 'n rits bekende wynlandgoedere waar gaste aan wyn en kaas kan proe. Ander besienswaardighede sluit in die Afrikaanse Taalmonument, Spice Route, Exotic Animal World, Paarlbergreservaat, Boschenmeer Gholflandgoed, Drakenstein Leeupark en Le Bonheur Krokodilplaas.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 76
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Eight on Williams het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap