LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Eight on Williams | LekkeSlaap
+24

Eight on Williams

4 resensies
Selfsorg
Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Okt 2020 tot 29 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 R510 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Eight on Williams bied 2 selfsorgwoonstelle op die eienaars se perseel in Paarl Noord - 'n prentjiemooi dorp wat bekend is vir die plattelandse prag, uitstekende wynlandgoedere, knus koffiewinkels, pragtige argitektuur en vrugteplaas-erfenis.

Dié eenhede het elkeen lugversorging, 'n aparte ingang en slaapplek vir 2 volwassenes en 1 tot 2 kinders. Daar is 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n slaapbank wat 1 of 2 kleiner kinders kan akkommodeer. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die kombuisie is met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel toegerus. Elke eenheid het ook 'n haardroër, strykyster, tafel wat as 'n lessenaar of etenstafel ingespan kan word, 'n TV met toegang tot Netflix en Showmax, en gratis WiFi. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die buite-area word deur gaste van albei eenhede gedeel.

Die Paarl is die tuiste van 'n rits bekende wynlandgoedere waar gaste aan wyn en kaas kan proe. Ander besienswaardighede sluit die Afrikaanse Taalmonument, Butterfly World, Paarlbergreservaat, Boschenmeer Gholflandgoed, Drakenstein Leeupark en Le Bonheur Krokodilplaas.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Eight on Williams
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eight on Williams het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
was R600
Vanaf R510
per nag (vir 2 persone)
was R600
Vanaf R510
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Williamsstraat 8, Paarl Noord, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7df4a20c929415e118fc5e83ca68ea931dcba407765e63e895cdb1714c33321ad250b6e96873345d94c83b9b20131bbc0a72?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R600, nou Vanaf R510  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 8 Williams Street Northern Paarl 7646 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.702821487513 18.972439038029
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!