The Stables and The Loft @ Glenogle Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Stables and The Loft @ Glenogle Farm is 'n privaat landgoed wat tussen denneplantasies in 'n pragtige, bergagtige deel van Magoebaskloof skuil. Dié prentjiemooi plaas spog met 'n manjifieke privaat dam propvol forel.
Daar is 2 luukse selfsorgeenhede om van te kies, naamlik The Stables en The Loft. The Stables is 'n luukse dubbelverdiepinghuis wat ten volle vir selfsorg toegerus is en slaapplek aan 4 gaste bied. Dit is tussen die perdestalle en 'n perdekamp geleë. Op die onderste verdieping is daar 'n stylvolle oopplan-leefarea met 'n sitarea, 'n kaggel, 'n eetarea en 'n kombuis wat met 'n gasstoof en 'n konveksie-mikrogolfoond toegerus is. Die leefarea lei na 'n stoep en 'n privaat tuin aan die een kant en 'n stal-binnehof aan die ander kant.
'n Spiraaltrap lei na die boonste verdieping waar daar 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet is. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.
The Loft is 'n eksklusiewe, romantiese wegbreekplek en veral ideaal vir wittebroodpaartjies of paartjies wat 'n herdenking of 'n spesiale geleentheid wil vier. Dit is in 'n woud versteek en luuks vir selfsorg ingerig. Die suite het 'n slaapkamer, leefarea, ten volle toegeruste plaaskombuis en 'n badkamer. Die slaapkamer en die leefarea spog met skilderagtige uitsigte oor die woud en die dam. Verder het die slaapkamer ook 'n koninggrootte-bed, 'n hoë plafon en 'n kaggel, en buite is daar 'n privaat dek.
Die eenhede word daagliks skoongemaak. Selfoonsein en WiFi is beskikbaar. Gehaltelinne, komberse en handdoeke word voorsien.
September is die beste tyd vir 'n besoek, aangesien die landskap rondom die stalle dan pragtig is. Gaste kan visvang, 'n skemerkelkie op die dek by die dam geniet, of voor die kaggel met 'n glasie rooiwyn ontspan. Glenogle Plaas is 'n puik wegbreekplek vir almal wat na ontspanning en sielsverkwikking smag.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Glenda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 75
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Gaste dink The Stables and The Loft @ Glenogle Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in George's Vallei Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo