LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Stables and The Loft @ Glenogle Farm | LekkeSlaap
+41

The Stables and The Loft @ Glenogle Farm

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Glenogle Farm is 'n privaat landgoed wat tussen denneplantasies in 'n pragtige, bergagtige deel van Magoebaskloof skuil. Dié prentjiemooi plaas spog met 'n manjifieke privaat dam propvol forel.

Daar is 2 luukse selfsorgeenhede om van te kies, naamlik The Stables en The Loft. The Stables is 'n luukse dubbelverdiepingwoning wat ten volle toegerus is vir selfsorg en slaapplek aan 4 gaste bied. Dit is tussen die perdestalle en 'n perdekamp geleë. Op die onderste verdieping is daar 'n stylvolle oopplan-leefarea met 'n sitkamer en 'n kaggel, 'n eetarea, en 'n goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof en 'n konveksie-mikrogolfoond. Die leefarea lei na 'n stoep en 'n privaat tuin aan die een kant en 'n stal-binnehof aan die ander kant. 'n Spiraaltrap lei na die boonste verdieping met 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer.

The Loft is 'n eksklusiewe, romantiese wegbreekplek. Dit is veral ideaal vir wittebroodpaartjies of paartjies wat 'n herdenking of 'n spesiale geleentheid wil vier. Dit is luuks ingerig vir selfsorg en in 'n woud weggesteek. Die suite het 'n slaapkamer, leefarea, ten volle toegeruste plaaskombuis en 'n volledige badkamer. Die slaapkamer en die leefarea bied skilderagtige uitsigte oor die woud en die dam. Verder het die slaapkamer 'n koninggrootte-bed, 'n hoë plafon en 'n kaggel, en buite is daar 'n privaat dek.

Die eenheid word daagliks skoongemaak. Daar is selfoonsein en WiFi.

September is die beste tyd vir 'n besoek, aangesien die landskap rondom die stalle dan pragtig is. Gaste kan visvang, 'n skemerkelkie op die dek by die dam geniet, of voor die kaggel met 'n glasie rooiwyn ontspan. Glenogle Plaas is 'n puik wegbreekplek vir almal wat smag na ontspanning en sielsverkwikking.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 54 resensies vir The Stables and The Loft @ Glenogle Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink The Stables and The Loft @ Glenogle Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ebenezerdam-pad G9, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3ZjljMWUxLTYyNTAtNGE0My1hOGYzLWM1OWNkMGFmYzdiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550  per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 G9 Ebenezer Dam Road Magoebaskloof 0730 Limpopo 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -23.905809226088 29.998286962509
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!