Hadeda Roost
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seesig-weg 189, Leisure Crest, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Hadeda Roost bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n dubbeverdiepingkothuis op ’n heuwel in Leisure Crest. Die kothuis is op ’n residensiële perseel. Dis slegs 1,7 km vanaf Leisure Bay se strand en 600 m vanaf Glenmore Beach.
Dié knus kothuis se boonste verdieping het 2 slaapkamers met dubbelbeddens en ’n kleiner kamer met 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met ’n stort en toilet wat die 3 slaapkamers deel. Die hoofslaapkamer lei na ’n onderdakbalkon met ’n uitsig oor die swembad en tuin wat goed onderhou word.
Die onderste verdieping het nog ’n slaapkamer met 2 enkelbeddens, ’n badkamer met ’n stort en toilet en ’n goed toegeruste kombuis met ’n oopplan-sitarea en -eetarea. Die eetarea het dubbeldeure wat na die swembad en oopplan-lapa lei. Gaste kan gedeeltelike see-uitsigte geniet. Daar is ook ’n ingeboude buitebraai en draagbare braaigeriewe.
Die perseel is omhein en alhoewel daar nie ’n motorhuis is nie, is daar ’n motorafdak met oorgenoeg parkeerplek vir 2 ekstra voertuie. Die huis het ’n alarmstelsel en laserstraalsekuriteit. Hadeda Roost is ideaal vir dié wat na ’n seevakansie smag.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Ann Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 33
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Seesig-weg 189, Leisure Crest, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hadeda Roost het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seesig-weg 189, Leisure Crest, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom