Helderberg Kothuis
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Companje-weg 20, Helderberg Estate, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
- Vanaf R1 446 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Helderberg Kothuis is 'n lieflike selfsorgkothuis in die idilliese dorpie, Somerset-Wes. Dit is gerieflik tussen die Helderberge, Kaapse Wynlande en Valsbaai geleë. Die eenheid is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende wat op soek is na verblyf in 'n rustige omgewing.
Die knus kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens. Gaste in beide slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en aparte toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het ook 'n toonbank met 2 stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n koffietafel.
Gratis veselinternet is beskikbaar, en gaste kan in die lowerryke en rustige tuin met 'n piekniektafel ontspan. Gaste kan ook 'n al fresco-ete op die stoep of in die tuin geniet met 'n asemrowende uitsig oor die blaarryke omgewing.
Die verblyf is in 'n veilige woonbuurt en het 'n alarmstelsel. Die eiendom word omring deur 'n elektriese heining.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Shané Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Companje-weg 20, Helderberg Estate, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
- Gaste dink Helderberg Kothuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Companje-weg 20, Helderberg Estate, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang