Houtboschbaai No 1
Kry 15% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 11 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 150R2 678 per nag, vir 6 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Houtboschbaai No 1 is 'n lieflike strandfronthouthuis vir 6 gaste in 'n natuurreservaat 5 km vanaf Jeffreysbaai.
Die chalet is reg voor op die strand en het 'n asemrowende see- en strand-uitsig. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer, en 2 dekke. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en bied 'n uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer het ook ’n see-uitsig en die beddens kan as 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed opgemaak word. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n bos-uitsig. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet, en die tweede badkamer 'n bad en 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort vir 'n spesiale bos-ervaring. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof, oond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.
Die leefarea en 2 voorste kamers bied toegang tot 'n dek met 'n pragtige uitsig oor die see. Daar is 'n eet- en sitarea met 'n TV met DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die huis is met 'n klein omsetter en 'n watertenk toegerus om die impak van beurtkrag en waterbeperkings te verminder. Lampe, 'n Weber-gasbraai en 'n gasstofie is ook beskikbaar.
Houtboschbaai No 1 is tussen melkhoutbome geleë, en daar is houtpaadjies in die reservaat wat na die privaat strand lei. Jeffreysbaai bied 'n verskeidenheid besienswaardighede, soos die African Dawn Wildlife Sanctuary, Jeffreysbaai Skulpmuseum en verskeie restaurante, en aktiwiteite wat wissel van bergfietsroetes, valskermspring en 4x4-roetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Aletta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Houtboschbaai No 1 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marina Martinique Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang