Kaleb Landgoed Gastehuis
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kaleb Landgoed Gastehuis is 'n pragtige, netjiese selfsorghuis in Bethlehem in die Vrystaat. Die huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en dit het ononderbroke water en elektrisiteit asook veilige parkeerplek. Karavane kan ook in die parkeerplek geakkommodeer word. Dit is die ideale oornagplek vir gaste op pad na KwaZulu-Natal aangesien dit net 4 km vanaf die N5 af is.
Die gastehuis beskik oor 2 lieflike slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n
en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die gastehuis beskik ook oor 'n ruim oopplan-kombuis, eet- en sitkamer. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste se klere kan op versoek gewas en gestryk word teen 'n ekstra tarief. Die leefarea het addisionele slaapplek vir 2 kinders. Die gastehuis het ook 'n TV met DStv in die leefarea en 'n skuifdeur wat na die stoep met 'n uitsig oor die swembad en pragtige tuin lei.
Die gastehuis is naby plaaslike hoërskole, laerskole, die Lavender Hill-trouvenue, Dihlabeng- winkelsentrum, Hoogland MediClinic en Bethlehem-vliegveld. Dit is ook net 15 minute se ry vanaf Clarens en 40 minute se ry van Golden Gate af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
- Gaste dink Kaleb Landgoed Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bethlehem Malotiroete Vrystaat
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang