Korhaan Self-Catering Cottage
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 17 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Korhaanlaan 2933, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 250R1 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Korhaan Self-Catering Cottage is in die pragtige bosveld van Marloth Park geleë, net 16 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin.
Dié ten volle gemeubileerde huis beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderarea en daar is slaapplek vir 6 gaste. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondvloer en het elkeen 2 enkelbeddens. Die solder het ook 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. 'n Tweede badkamer het ’n stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, kisvrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n etenstafel, eetgerei en breekware.
Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en dit bied toegang tot die stoep met braaigeriewe en 'n boma.
Die boonste verdieping is aan die buitenste houtdek met 'n loopbrug verbind en gaste kan daar sit en ontspan.
Elke kamer het 'n plafonwaaier en die 2 kamers op die grondvloer het lugversorging.
Al die vensters het diefwering en insekskerms vir ekstra sekuriteit en gerief.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dries Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Korhaanlaan 2933, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Korhaan Self-Catering Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Korhaanlaan 2933, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom