La Motte Gastehuis
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
La Motte Gastehuis is op die N5 geleë, 4 km net buite Bethlehem in die rigting van Harrismith. Hier kan gaste die natuurskoon en die rustigheid van die Oos-Vrystaat geniet. Dit is ideaal vir oornaggaste en sakereisigers. La Motte bied goeie, netjiese en gerieflike verblyf teen 'n billike prys.
Die gastehuis bied slaapplek aan 10 tot 15 gaste en beskik oor 2 slaapkamers in die kothuis, 2 buitekamers en 1 solderkamer in die plaashuis. Braaigeriewe is ook beskikbaar.
Tortelduif is 'n kamer met 1 dubbelbed en 1 enkelbed, skoon linne en handdoeke, elektriese komberse, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei, koffie- en teegeriewe en 'n leefarea met DStv-kanale. Buite is daar 'n stoep met braaigeriewe.
Jangroentjie is 'n kamer met 1 koninggrootte-bed en 1 enkelbed, skoon linne en handdoeke, elektriese komberse en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Geriewe in die kamer sluit DStv, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en braaigeriewe op die stoep in.
Houtkapper is 'n aparte, ruim kamer met 1 koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, skoon linne en handdoeke, elektriese komberse en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met DStv, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei en braaigeriewe in.
Tinktinkie is 'n aparte, klein kamer met 2 enkelbeddens, skoon linne en handdoeke, elektriese komberse, 'n en suite-badkamer met 'n stort. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV met DStv, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en braaigeriewe in.
Kokkewiet is 'n solderkamer en word met 'n buitetrap bereik. Dit het 1 koninggrootte-bed en 1 enkelbed, skoon linne en handdoeke, elektriese komberse en 'n suite-badkamer met 'n bad. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en braaigeriewe in.
Die gastehuis het 'n swembad en genoeg spasie vir kinders om te speel, wat dit ideaal maak vir gesinne. Kom geniet die ouwêreldse gasvryheid en plaasstyl-ontbyt wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is.
Clarens, Golden Gate Highlands Nasionale Park en Fouriesburg is van die nabygeleë plekke wat gaste kan verken. La Motte Gastehuis is langs Lavender Hill Wedding Venue geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Francine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 130
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
- Gaste dink La Motte Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bethlehem Malotiroete Vrystaat
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom