La Motte Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Motte Gastehuis is op die N5, 4 km vanaf Bethlehem in die rigting van Harrismith geleë. Hier kan jy die natuurskoon en vreedsaamheid van die Oos-Vrystaat geniet. Dis die ideale plek om te oornag as jy ver moet ry of vir werk in hierdie omgewing moet wees. Ons bied goeie, netjiese en gemaklike verblyf teen bekostigbare pryse.

Die gastehuis het slaapplek vir 8 tot 11 gaste en daar is 2 kamers in die kothuis en 2 van die plaashuis se buitekamers.

Tortelduif het 'n dubbel- en enkelbed, elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n selfsorg-kombuisie en sitkamer, DStv, asook 'n stoepie met braaigeriewe en 'n rooster. Jangroentjie het 'n koninggrootte- en enkelbed, elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die kamer het 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en TV.

Die buitekamers in die plaashuis is Houtkapper, 'n ruim kamer met 'n koninggrootte- en driekwartbed, elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en 'nTV. Tinktinkie is 'n kleiner, aparte kamer met 2 enkelbeddens, elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en TV.

La Motte Gastehuis het meer as genoeg spasie vir kinders om te speel en 'n swembad, dus is ons verblyf ideaal vir gesinspret. Kom en geniet ouwêreldse gasvryheid en 'n heerlike plaasontbyt teen 'n ekstra koste.

Clarens, Golden Gate en Fouriesburg is net sommige van die plekke in die nabye omgewing. La Motte Gastehuislangs die Lavender Hill trou-venue geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Motte Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false