Lawaaiwater
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 550 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Lawaaiwater is ideaal vir 4 volwassenes en 3 kinders en is in Witsand geleë. Die eenheid spog met 'n see-uitsig vanaf die boonste verdieping en dis redelik naby die swemstrand.
Die kliphuis beskik oor 4 slaapkamers. Die kamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n muurverwarmer vir koue aande. Op die boonste vlak is die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 'n sitarea en 'n klein-badkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens en die vierde slaapkamer het net een enkelbed. Op die onderste verdieping is 'n ruim badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n waaier vir die hitte en 'n verwarmer vir die koue wintersaande.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, broodrooster, yskas, en ketel toegerus. 'n Gasbrander en ketel is voorsien vir gebruik tydens kragonderbrekings. Die eenheid het ook 'n kis-vrieskas, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook selflaai-gloeilampe in die meeste vertrekke.
Daar is 'n oopplan eet- en-sitarea met 'n TV met Compact Plus DStv-kanale. WiFi is op versoek beskikbaar.
Die eenheid het 'n beskutte buitebraai-area.
Witsand het ook 'n paar restaurante en twee winkels waar gaste inkopies kan doen.
Die Breëriviermond by Witsand bied verskeie aktiwiteite soos roei, seil en vlieërplankry. Dis ook 'n hengelaarsparadys met vis soos knorder, kabeljou, steenbras, elf en vele meer.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hannelie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Lawaaiwater het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom