Lieflappie
Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 21 Jun 2024 tot 10 Aug 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
-
Vanaf
R900R771 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lieflappie is in die veilige dorpie Stilbaai. Die verblyf is 400 m vanaf die see en het 3 sonnige, netjiese en ruim eenhede naamlik Pampoentjie met 'n see-uitsig en Bloublasie en Seeperdjie. Die verblyf het 'n omsetter, sonpanele en gasgeysers wat sorg dat dit nie deur beurtkrag geraak word nie.
Pampoentjie beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 volwassenes en 'n kind. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 'n kinderbed in die sitarea. Die kamers deel 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Bloublasie beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 'n kind. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbed en daar is 'n kinderbed in die sitarea. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n oopplan-leefarea en -kombuis wat met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware toegerus is. Die sitarea het leerrusbanke, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv Premium. Daar is WiFi en parkeerplek is op die sypaadjie beskikbaar.
Seeperdjie is 'n eenslaapkamereenheid met 'n sitkamer, kombuisie en 'n tafel met 2 stoele. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie en oondjie, broodrooster, ketel, en 'n wok.
Lieflappie is naby die hawe, riviermond en strand en 200 m vanaf die Stilbaai-gholfklub en die tennisbane aan die westelike kant.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Tercia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 74
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Lieflappie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap