Lieflappie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lieflappie is in die veilige dorpie, Struisbaai geleë. Die verblyf is 400 m vanaf die see en het 3 sonnige, netjiese, ruim eenhede genaamd Pampoentjie, Bloublasie en Seeperdjie. Daar is slaapplek vir tot 10 tot 12 gaste.

Pampoentjie het 'n pragtige see-uitsig vanaf die balkon. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n ruim TV-kamer en 'n eetkamer. Bied slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind. Daar is 'n kaggel vir die winter en die balkon het 'n Weber-braai met 'n tafel en stoele. Die eenheid het ook 'n skottelgoedwasser en elektriese komberse.

Bloublasie beskik oor 2 groot sonnige slaapkamers en 1 badkamer en bied slaapplek vir tot 5 gaste. Die TV-kamer het 'n kaggel en die binnehof het 'n tafel met stoele, braaigeriewe en 'n kruietuin. Die eenheid het ook 'n groen grasperk en 'n mooi tuin, asook 'n groot kaggel en 'n eetkamer tafel.

Seeperdjie is 'n eenslaapkamer-eenheid met 'n en suite-badkamer en bied slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Daar is 'n driekwart-dagbed met pofkussings om op te ontspan. Kombuisgeriewe in die eenheid sluit 'n yskas, ketel, broodrooster en tweeplaatstofie met 'n oond en mikrogolf, breekware en eetgerei in. Seeperdjie het 'n houtskool fondue op 'n tafel.

Hierdie 3 eenhede het elk 'n privaat ingang, ruim oopplan-leefarea met 'n TV-kamer, 'n eetkamer en 'n kombuis wat goed toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser in Pampoentjie en Bloublasie en gaste kan die gesamentlike waskamer gebruik. Die eenhede het aparte braaigeriewe buite. Gaste kan lekker buite kuier en eet rondom die etenstafel met stoele.

Al 3 eenhede het diefwering en sekuriteitsligte.

Daar is ook 'n TV met Premium DStv-kanale en groot, sagte leerbanke in elke woonstel.

Linne, komberse, duvets en elektriese komberse word voorsien, maar gaste moet asb. ekstra handdoeke en vadoeke saambring.

Daar is parkeerplek op die sypaadjie.

Stilbaai is baie veilig en mens kan tot laataand om 'n vuur by Skulpiesbaai kuier, vir kilometers langs verskeie wandelpadjies stap of fietsry en die strand strek wyd en bied genoeg plek vir swem en kuier.

Lieflappie is naby die hawe, riviermond, strand en 200 m vanaf Stilbaai se Gholfklub en tennisbane aan die westekant. Die plaaslike munisipaliteit spog vanjaar met 3 volstatus en 3 loodsstatus Blouvlagstrande.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lieflappie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]