Lighthouse Villa Romansbaai
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Lighthouse Villa Romansbaai is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Romansbaai Beach and Fynbos Estate in Gansbaai wat met 'n uitsig oor inheemse fynbosvelde spog. Dit is die ideale opsie vir 'n rustige wegbreek saam met 'n gesin en vriende aangesien die landgoed direkte strandtoegang bied.
Hierdie huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Al 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n buite-ingang. Die hoofslaapkamer se badkamer het 'n bad en stort. Die ander 2 badkamers het 'n stort. Gehaltelinne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea het 'n hoë plafon en 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dit lei na die etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike sitplek en die leefarea het 'n binnebraai. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die groot skuifdeure lei na die onderdakstoep met 'n piekniektafel en 'n groot ingeboude braai. Daar is ook 'n houtvuurwarmbad.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 21
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Suidkus Walvisroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom