Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Moonlight Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brinkmanstraat 11, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Vanaf R925 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Moonlight Manor is in die klein Karoo-dorpie Victoria-Wes, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad, op die N12 via Kimberley geleë en net 45 km vanaf die N1. Moonlight Manor word deur die eienaars bestuur en bied gerieflike verblyf, van die hoofweë verwyder, wat sal verseker dat jy 'n heerlike en rustige nagrus kan geniet.

Verblyf beskik oor 7 smaakvol versierde kamers met noukeurig uitgesoekte oudhede en bestaan uit die Standaard Dubbel-suite, Deluxe Dubbel-suite, Superieure Koningingrootte-suite, Deluxe 2-Enkelbedsuite en die Selfsorg Gesinsuite.

Die Selfsorg Gesinsuite is ingerig vir selfsorg en kan tot 4 gaste akkommodeer. Elke suite beskik oor sy eie en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die suites het almal privaat ingange en sitareas en kyk uit op die tuin en Karoo-heuwels.

Hoë plafonne, oorspronklike Oregon-houtvloere, hortjiesdeure, skuifraamvensters en die stoep dra by tot die bekoring van hierdie ou, Victoriaanse huis wat in die laat 1800's gebou is. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Agter die perseel, aan die voet van Moonlight Hill, begin daar verskeie staproetes. Die staproetes bied asemrowende uitsigte oor die Karoo-landskap en die unieke versameling Victoriaanse huise in die dorp.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 276 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Alida Susanna Kleynhans K
Saam met lewensmaat
5.0
Gulhartige ontvangs en gemaklike bed. Heerlike, veilige oorslaapplek in historiese huis.
Aug 2024
Maryna M
5.0
Was absoluut die moeite werd. Gaan beslis weer kom. Was 'n baie aangename.
Aug 2024
Dawid M
Gesin met klein kinders
5.0
Reis kansie saam met gesin. Wat 'n absolute plesier om daar te bly. Dit is ons tweede keer gewees en ek sal vir seker weer daar bly.
Aug 2024
Hennie S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek met 'n lieflike ligging. Ons het heerlik gebly en die ontbyt was heerlik.
Aug 2024
Margaret C
5.0
Divine! Absolutely stunning! Friendliest staff and service. A definite recommendation if you are planning to stop over in Victoria West...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sven Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 276

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Brinkmanstraat 11, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink Moonlight Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R925
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R925
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brinkmanstraat 11, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzNjkzMDE0LTViNzEtNDFmZi1hYzA5LTRiYjQwMDEzYTg4Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R925 per nag (plek vir 2) 276 5 1 5 11 Brinkman Street Victoria West 7070 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.404510833924 23.106851739089

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang