Mountain View Apartment
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Berg-en-Dal-weg en Ludwig Muhl-weg, La Concorde, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mountain View Apartment is 'n ruim, veilige woonstel in 'n stil, lowerryke area teen die hange van die Helderberg in Somerset-Wes. Dit is die ideale plek vir bergfietsry- en buitelug-entoesiaste.
Die ateljee-woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes, sowel as 2 kinders op die slaapbank in die sitarea, en beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en oorgenoeg kasspasie. Die badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het lugversorging en 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuisie lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volledige DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dubbeldeure lei na 'n privaat balkon met 'n tafel, stoele en 'n uitsig op die Helderberg. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n geslote hek en 'n Weber-braai. Daar is 'n swembad op die perseel wat gaste kan gebruik mits dit vooraf gereël word.
Verskeie winkels, restaurante, gholfbane, Stellenbosch se wynlande en die bekende swemstrand in die Strand is net 'n kort entjie ver.
Slaapplek
’n Bespreking by Mountain View Apartment sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hoek van Berg-en-Dal-weg en Ludwig Muhl-weg, La Concorde, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain View Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Berg-en-Dal-weg en Ludwig Muhl-weg, La Concorde, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom