OënaBo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Vanaf R485 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
OënaBo bied gerieflike selfsorg-oornagverblyf vir 2 gaste in die stil dorpie Loxton.
Die oopplan-woonstel is apart van die hoofhuis waar die eienaars woon en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, asook sjampoe en seep. Die warm water word deur 'n gasgeiser voorsien.
Die kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, broodrooster, potte, panne en ketel toegerus. Daar is ook 'n elektriese kombers vir die winter. Gaste kan hul maaltye by die klein etenstafel binne of buite geniet. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word voorsien vir 'n vinnige happie.
Daar is 'n buitebraai met hout beskikbaar. Veilige onderdakparkeerplek vir 'n voertuig en karavaan is beskikbaar. Kinders onder 18 jaar word ongelukkig nie toegelaat nie. Die eiendom het 'n druk waterstelsel vir gebruik gedurende munisipale onderbrekings. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Daar is geen DStv nie, maar 'n radio is wel beskikbaar.
Gaste kan saans die sterrehemel geniet, dalk gedurende die winter sneeu ervaar en in die lente sien hoe die peerbome in die strate begin blom. Gaste kan ook die unieke korbeelhuisies op die plase om Loxton besoek. Let wel dat Loxton nie 'n bank of OTM het nie en dat gaste asseblief enige uitstaande balans vir verblyf voor aankoms moet vereffen.
Brandstof is net by die koöperasie beskikbaar gedurende winkelure. Die straatadres word op die munisipale rekening as Kerkstraat 5 aangedui, maar op die GPS as Carnarvon-straat 5.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dinah Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Gaste dink OënaBo het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Loxton Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang