Olifantskrans River Cabins
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Secunda Plaas, Langs die R317, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Olifantskrans is 'n gewilde vakansiebestemming langs die rivier, net 18 km van Robertson en Bonnievale af waar die krag van die vloeiende rivierwater oor die jare unieke rotsformasies geskep het. Ervaar 'n natuurlike swempoel net 20 m van jou voorstoep af. 'n Waterval wat deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is, rond die prentjie mooi af op dié plaas wat deur professionele en georganiseerde eienaars bestuur word. Olifantskrans is in die Robertson Wynvallei, net 2 ure van Kaapstad af geleë en die ideale naweekwegbreek-bestemming. Daar is ook uitstekende wynproe-ervarings en opwindende buite-doendinge in die omliggende area.
Selfsorgverblyf word in houthuisies met 1 slaapkamer en gesinskothuise aangebied. Elke huisie en kothuis beskik oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstofie, oondjie, mikrogolfoond en 'n ketel in. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi en lei na 'n onderdakbalkon met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Elke houthuisie en kothuis het sy eie beskutte lapa waar gaste buite kan braai. Daar is ook 'n KolKol-warmbad.
Olifantskrans is een van net 'n paar plekke waar troeteldiere welkom is. Al die huisies het omheinde tuine waar troeteldiere veilige kan speel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 27
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Secunda Plaas, Langs die R317, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink Olifantskrans River Cabins het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Secunda Plaas, Langs die R317, Robertson, 6705, Wes-Kaap