Remini
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R680 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Remini is 'n tuinwoonstel wat in 'n doodloopstraat in die woonbuurt Wavecrest, Jeffreysbaai, geleë is. Die eiendom grens aan die Noorsekloof Natuurreservaat met sy ryk voëllewe. Die boonste balkon bied 'n pragtige uitsig oor die see, die Noorsekloof Natuurreservaat en dele van Jeffreysbaai. Remini is ideaal vir gaste wat lief is vir die natuur en op soek is na 'n rustige, stil en veilige omgewing.
Die eenheid is ideaal vir 2 gaste, of dit nou 'n getroude paartjie of 2 enkel individue is. Vir enkel individue word 'n ekstra bed in die sitkamer voorsien.
Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n sitkamer en 'n kombuis. Die sitkamer het 'n rusbank, sitkamerstoel, dagbed en 'n TV met DStv Premium. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuisie het 'n tafel, stoele, yskas, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en oond, gasstoof, ketel, breekware en eetgerei. 'n Strykster, strykplank en 'n haardroër word voorsien. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe asook 'n boonste balkon met 'n pragtige uitsig.
Remini is sowat 800 m vanaf die strand, winkels en 'n gesinsrestaurant. Veilige parkeerplek en WiFi is beskikbaar.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet eie strandhanddoeke saambring.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Retha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Remini het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noorsekloof Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwoodstraat 54, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang