San Lameer Villa 2533
Kry 15% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 13 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 700R3 995 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 2533 is 'n luukse selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys is eintlik 'n 200 hektaar-grootte natuurbewarea met wild, fauna, flora en 'n ryk voëllewe en spog ook met 'n kampioenskap-gholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant, kroeg, luukse villas en toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging, beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en daar is slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die kamer bied ook toegang tot die balkon met leunstoele wat 'n uitsig oor die landgoed het. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en toegang tot 'n stoep met gemaklike rusbanke en 'n uitsig oor die tuin. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die aparte badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof en -oond, 'n elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is sitplek vir 8 gaste rondom die etenstafel in die eetarea en die sitarea het gemaklike sitplek, 'n koffietafel en 'n TV met DStv.
Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel met 10 stoele en 'n losstaande braai, en dit bied 'n uitsig oor die landgoed. Toegang tot gratis parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembad afkoel, 'n piekniek in die lowerryke omgewing hou, en daar is 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n hengeldam, en 'n dam waar gaste kan voëlkyk. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike braai-areas en die voetslaanroetes op die perseel.
Slaapplek
’n Bespreking by San Lameer Villa 2533 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Witborde
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 67
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom