Swaynekloof Farm
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Stel Pas-pad, Botrivier, 7185, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Swaynekloof Farm is 'n leefstylplaas met uitgestrekte veekampe en 'n skilderagtige wildreservaat. Dit is in die Botriviervallei in die Overberg, 6 km vanaf die dorpie Botrivier, geleë.
Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorgkothuise en 'n groot plaashuis met 'n swembad. Die kothuise het uitsigte oor die pragtige Botriviervallei en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die gesin kan heerlik saam braai, of vir middagete kan gaste op die rivieroewer gaan piekniek hou. Die plaashuis het slaapplek vir 12 gaste. Dit het 4 slaapkamers en 3 slaapbanke. 2 van die 4 kothuise is naby mekaar geleë en is dus ideaal vir familie-byeenkomste. Elke kothuis beskik oor eetgerei, breekware en glasware. Daar is plastiekglase wat by die swembadarea gebruik kan word. Die plaashuis is toegerus met 'n yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, gasstoofplaat en ingeboude muur-oond.
Die plaas bied 'n rits doendinge soos visvang in die dammetjies, roei in die rivier, stap in die wildreservaat (hou asb. honde aan 'n leiband) en voëlkyk. Visvang is op 'n vang-en-vrylaat-basis. Die plaas het elanden sebras in die omheinde area. Daar is ook 'n paar skape om die gras teen die hellings kort te hou en vleis aan die plaas te voorsien.
Ongelukkig aanvaar Swaynekloof Farm nie besprekings vir partytjies met luidrugtige musiek nie. Gaste kom na die plaas om te ontspan en die rustigheid te geniet. Om hierdie rede bied ons nie internet of DStv nie, en slegs beperkte selfoonsein. Ons huis, ook op die plaas, het selfoonsein, 'n landlyn en internet wat gedurende 'n noodgeval deur ons gaste gebruik kan word.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Frans
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Colleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 51
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Van der Stel Pas-pad, Botrivier, 7185, Wes-Kaap
- Gaste dink Swaynekloof Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Stel Pas-pad, Botrivier, 7185, Wes-Kaap