Beskrywing
Die huis het 3 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n pootjiesbad en dubbelstort. Beide die slaap- en badkamer het see-uitsigte. Die tweede slaapkamer is ons gesinskamer wat spog met 'n dubbelbed en 2 tripelstapelbeddens. Die plafonne is 3,6 m hoog. Die derde, ruim slaapkamer het 'n dubbelbed. Die huis se tweede badkamer beskik oor 'n dubbelstort en 'n aparte toilet. As jy deur die groot, antieke dubbeldeure stap sal jy 'n eetkamer met sitplek vir 12 mense aantref. Die groot, volledig toegeruste kombuis het gesuiwerde water, 'n Smeg-gasstoof met 'n elektriese oond, 'n mikrogolfoond en 'n tafel waar 8 mense kan sit. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en dubbeldeur-yskas-vrieskas.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in
Selfsorg.
Huisreëls
Kinders tussen 0 en 2 jaar bly gratis.
Kinders tussen 3 en 12 jaar betaal 66% van die glyskaaltarief.
Kinders tussen 3 en 10 jaar kry 33% afslag.
Die kothuis het 'n minimumverblyftydperk van 3 nagte, tensy dit saam met die hoofhuis bespreek word.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 3 maande voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 maand voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Die Kothuis het 'n en suite-slaapkamer met 'n dubbelbed wat oor die tuin uikyk. Dit beskik oor 'n oopplan-dubbelstort en 'n aparte toilet. Die ruim sitkamer het gemaklike leunstoele en 'n bank wat as 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die dubbeldeure lei na 'n privaat tuin. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n binnebraai en 'n eetkamertafel. Die Kothuis bied slaapplek aan 2 gaste of 'n gesin van 4. Dit het slegs 1 en suite-badkamer.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in
Selfsorg.
Huisreëls
Kinders tussen 0 en 2 jaar bly gratis.
Kinders tussen 3 en 12 jaar betaal 66% van die glyskaaltarief.
Kinders tussen 3 en 10 jaar kry 33% afslag.
Die kothuis het 'n minimumverblyftydperk van 3 nagte, tensy dit saam met die hoofhuis bespreek word.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 3 maande voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 maand voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 74, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom