- Kapasiteit: 588 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 85 OR Tambo Parade, Durban Beach Front, Durban, 4091, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 090 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Durban is bekend vir wonderlike weer en die Tropicana, een van die Durban-strandfront se mees stylvolle hotelle, is die hele jaar lank die perfekte bestemming wat iets vir elkeen bied. Dit is ideaal geleë op Durban se Goue Myl wat oor die warm Indiese Oseaan uitkyk.
Van al 168 kamers kan gaste 'n panoramiese uitsig geniet, wakker word met die son wat oor die branders opkom, of uitkyk soos die son ondergaan en die liggies van die strandfront die naghemel bespikkel. Groot vensters nooi 'n vars seebriesie binne, terwyl die lugversorging Durban se hitte teenwerk. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met sekere DStv-kanale, en koffie- en teemaakgeriewe. Te danke aan die diverse verblyf-opsies is dit die ideale venue vir 'n gesinswegbreek: kinders onder 15 jaar bly gratis en betaal slegs vir ontbyt. Dit is 'n intieme wegbreekplek vir 'n sakereis.
Die Tropicana spog met vyf volledig toegeruste konferensie-/funksie-venues. Die grootste kan sitplek vir 300 afgevaardigdes in teaterstyl-uitleg bied. Professionele banketpersoneel verseker dat elke funksie 'n sukses is. Die hotel is ook 'n gewilde onthaal-venue vir troues. Gaste het 'n wye verskeidenheid konferensie- en trou-pakkette om van te kies.
Die Tropicana is ook enige restaurantganger se droom. Gaste kan op die terras van die vriendelike Clippers Cafe Bar ontspan, terwyl hulle 'n verskeidenheid koffie en 'n stukkie koek, 'n ligte maal of slegs 'n skemerkelkie geniet. Die terras is die ideale plek om lui middae deur te bring of om na 'n adrenalienbelaaide sportgebeurtenis te kyk. Aandete word in die Seven Palms Restaurant bedien (wat ook ons bekende buffet-ontbyt bedien). Die Ocean View Bar en besigheidsentrum bied rekenaartoegang asook ligte versnapperinge en 'n kroegdiens tot laat in die nag.
Dit is naby die meeste van Durban se besienswaardighede: die pragtige strande, uShaka Marine World, die Internasionale Konvensiesentrum, Suncoast Kasino, die Moses Mabhida-stadion en Kings Park-stadion en die Kingsmead-krieketgronde. Vir avontuurlustige besoekers wat 'n bietjie verder wil verken, is daar Zululand-wildreservate, kulturele Zulu-ervarings en die asemrowende Drakensberge.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 138
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 85 OR Tambo Parade, Durban Beach Front, Durban, 4091, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Gooderson Tropicana Hotel het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Durban SSB Berea Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 588 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 85 OR Tambo Parade, Durban Beach Front, Durban, 4091, KwaZulu-Natal