Warthog's Den
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Nov 2024 tot 26 Des 2024.
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
-
Vanaf
R940R752 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Warthog's Den is in Kranspoort Vakansiedorp in die Loskopvallei se lieflike bosveld geleë, 45 km noordoos van Middelburg langs die N11 in Mpumalanga.
Let daarop dat Warthog's Den en Pumba's Den nie dieselfde verblyf is nie.
Warthog's Den kan tot 12 gaste akkommodeer in 2 stylvol gemeubileerde gaste-eenhede, 1 gastekamer en 'n luukse safari-tent. Linne en badhanddoeke word voorsien en daar is tee- en koffiemaakgeriewe en vars beskuit. Al die eenhede, die kamer en die tent het lugversorging.
Warthog's Den het 'n temperatuur-gereguleerde swembad wat geskik is vir die warmer maande. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Warthog's Den se 4x4-begeleide avontuurlike wildritte met FGASA-gekwalifiseerde gidse is ook baie gewild.
Kranspoort se ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Daar is verskeie wildsoorte op die plaas wat vrylik tussen die huise wei. Die plaas is 1000 ha groot en dit is veilig om te gaan stap en bergfietsry. Kranspoortdam is ideaal vir visvang, net vang-en-loslaat, maar pasop vir die krokodille en seekoeie.
Daar is meer as 230 voëlspesies in die omgewing, en 'n voëlskuilplek bied die ideale geleentheid vir voëlkyk en fotografie.
Kranspoort het 'n uitdagende 9-putjie gholfbaan waar gholfdae en kompetisies gereeld gehou word, daarom is dit die beste om vroeg te bespreek.
Daar is baie restaurante in die omgewing.
Loskopdam is net 6 km vanaf Kranspoort geleë en bied verskeie doendinge van visvangkompetisies tot bootritte op die dam. Die Meraki Spa bied heerlike behandelings.
ZIPX se Zipline, met 7 lyne wat die Klein Olifantrivierkloof kruis, is 'n moet-doen.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Adelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
- Gaste dink Warthog's Den het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kranspoort Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang