Zonnenzee
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 20% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Prys sluit in
-
Selfsorg
Huisreëls
- Rook is verbode in die eenheid. Rook word slegs op die stoep/braai-area en buite toegelaat.
- Geen morsige kos word in die slaapkamers of op die rusbank toegelaat nie.
- Geen vreemde voorwerpe moet in die toilet afgespoel word nie. Geen oorskietkos, olie of vette mag by die drein afgespoel word nie. Asdromme word voorsien.
- Die spoedbeperking in die kompleks is 10 km/uur - dit is 'n eenrigtingstraat, die uitganghek sal outomaties oop gaan vir gaste om die kompleks te verlaat.
- Wag asb. vir die hekke om toe te gaan voordat gaste wegry - dit is vir jul eie veiligheid.
- Matige musiek word aangeraai - veral na 22:00 op 'n weeksdag.
- Hierdie eenheid is in 'n baie veilige area geleë, ons vra wel dat gaste dit toesluit terwyl hul uitgaan. Moet nooit waardevolle items laat rondlê sonder toesig nie.
- Hanteer asb. die eenheid en inhoud daarvan met liefde en respek.
- Volg asb. al die reëls wat op die swembadhek verskyn.
- Geniet jul kuier by ons en moet asb. nie vergeet om die sleutel terug te sit in die sleutelboksie nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Immergroenlaan 34, 8 Zonnenzee, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom