- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 58 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hendrik van Eck-straat 2, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 572 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bushveld Terrace Hotel on Kruger bied 'n kontemporêre wegbreek met 'n goeie ligging naby die Phalaborwa-hek na die Krugerwildtuin. Dit is net 'n hanetreetjie van die ingang na dié gewilde wildpark af, maar met al die luukshede van hotelverblyf.
Die hotel het verskeie verblyfopsies, van Klassieke of Luukse Kamers en ruim Gesinswoonstelle tot die Deluxe Marula-suite wat perfek is vir wittebroodpaartjies. Die kamers is met natuurlike kleure versier en het elk 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en sommige kamers het 'n stoep met buitesitplek. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n kinderspeelarea.
Die hotel het 'n wêreldklas-restaurant met 'n lieflike spyskaart deur die sjef, Adriaan Joubert. Die restaurant bied 'n uitgebreide à la carte-spyskaart wat vir ontbyt, middagete en aandete sorg. Spesiale dieetversoeke kan geakkommodeer word indien die hotel vooraf hiervan in kennis gestel word.
Gaste kan die Krugerwildtuin in hul eie voertuig verken of een van die unieke parkaktiwiteite deur die hotel bespreek, soos nagwildritte en begeleide boswandelings.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 83
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Hendrik van Eck-straat 2, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Bushveld Terrace Hotel on Kruger het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 58 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hendrik van Eck-straat 2, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom