Kwetu Guest Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kwetu Guest Farm is op 'n rustige plaas in Buffeljagsrivier geleë met beeldskone uitsigte op die Langeberge en oor die omliggende weiveld. Die plaas is sowat 11 km van Swellendam af, halfpad tussen Kaapstad en George, en is die perfekte plek as jy wil wegkom van die stad se lawaai.
Daar is 3 gerieflike selfsorgkothuise, waarvan 2 op die damwal geleë is, 2 selfsorgwoonstelle by die hoofhuis en 'n gesinskamer. Geriewe in elke kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe in.
Die plaas beslaan sowat 87 hektaar en gaste kan gerus hier stap, draf of fietsry. Die dam bied uitstekende geleenthede vir visvang. Al die damme, groot of klein, is propvol klein vissies wat oneindige vermaak vir die jongklomp bied.
Troeteldiere is welkom in die kothuis indien vooraf gereël, maar nie in die woonstelle of die gesinskamer nie.
'n Verskeidenheid diere is in die omgewing te sien, soos swartwitpense, elande, wildebeeste, koedoes, waterbokke, springbokke, rietbokke, kameelperde, kolhase, dassies en watermuishonde. Verskeie voëlspesies kom ook hier voor en gaste sal visarende, veldpoue, sekretarisvoëls en ons beeldskone nasionale voël, die bloukraanvoël, hiér gewaar. Swaeltjies wat nesmaak op die stoepe sal gaste vermaak.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 90
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Gaste dink Kwetu Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Swellendam Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1, De Doorns-plaas, nommer 510, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap