Kwetu Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kwetu Guest Farm is op 'n rustige plaas in Buffeljagsrivier geleë met beeldskone uitsigte op die Langeberge en die omliggende weiveld. Die plaas is sowat 11 km van Swellendam af, halfpad tussen Kaapstad en George, en is die perfekte plek as jy wil wegkom van die stad se lawaai.

Daar is 3 gerieflike selfsorgkothuise, waarvan 2 op die damwal geleë is daar is ook 2 selfsorgwoonstelle by die hoofhuis. Geriewe in elke kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Die plaas beslaan sowat 87 ha en gaste kan gerus hier stap, draf of fietsry. Die dam bied uitstekende geleenthede vir visvang. Al die damme, groot of klein, is propvol klein vissies wat oneindige vermaak vir die jongklomp bied.

Let daarop dat ons nie vierwielmotorfietse toelaat nie en ons ook nie meer troeteldiere by die kothuise toelaat nie.

'n Verskeidenheid diere is in die omgewing te sien, soos swartwitpense, waterbokke, springbokke, rietbokke, steenbokkies, kameelperd, kolhase, dassies en watermuishonde. Verskeie voëlspesies kom ook hier voor en gaste sal visarende, veldpoue, sekretarisvoëls en ons beeldskone nasionale voël, die bloukraanvoël, hiér gewaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kwetu Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za