Seagulls
Kry 10% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 7 Jun 2024 tot 10 Jun 2024.
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiddlewood-weg 16, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 300R2 070 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Seagulls is 'n selfsorgvakansiehuis op die strand in Southport aan die Suidkus. Die huis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige kuswegbreek.
Die vakansiehuis is troeteldiervriendelik en bied slaapplek aan 9 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-leefarea. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierdie slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 3 kamers deel die tweede badkamer.
Die kombuis is met 2 yskas-vrieskaste, 'n oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en ander toerusting en kookgerei toegerus. Die aangrensende leefarea het 'n etenstafel met sitplek en 'n TV met kringklank en DStv. Die leefarea het ook stapeldeure wat op die stoep met 2 sitareas met 'n uitsig oor die swembad op die dek en 'n braai-area oopmaak.
Die voortuin se hek maak op 'n smal strook met inheemse plante oop en dis al wat die eiendom van die pragtige, ongerepte strand met 'n baie groot getypoel skei. Die gewilde Blouvlagstrand met lewensredders, 'n lieflike getypoel en 'n strandrestaurant en -kroeg onder melkhoutbome is net 500 m weg.
Daar is veilige parkeerplek vir 3 voertuie, sowel as 'n alarmstelsel, kameras en laserstraalsekuriteit buite.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Shireen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Fiddlewood-weg 16, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Seagulls het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiddlewood-weg 16, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom