The Loft
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 24 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonkwasstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
-
Vanaf
R980R833 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Loft is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n grasdak teen die strand in Bekbaai, Paternoster, 'n rustige vissersdorpie aan die Weskus. Die dorp is 'n baie gewilde bestemming met 'n Mediterreense-atmosfeer.
Die studio-ateljee het 'n oopplan uitleg en is op die eerste verdieping. Daar is 'n dubbelbed en dus net slaapplek vir 2 gaste. Die badkamer beskik oor 'n stort. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Daar is 'n kombuisie met 'n elektriese braaipan, enkelstoofplaat, eenplaatgasstoof, ketel, broodrooster, mikrogolfoond en yskassie. Daar is 'n draagbare braai, 'n tafel en 2 stoele op die stoep vanwaar jy die asemrowende uitsig tussendeur die huise kan geniet.
Let asb. op dat The Loft op die eerste verdieping is met steil trappe. Daar is WiFi.
Die TV is slegs aan die DVD-speler verbond en 'n versameling DVD's word voorsien. Daar is geen DStv nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Camilla Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 294
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sonkwasstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink The Loft het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bek Bay Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonkwasstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap