Wheatland's Farm House and Chalets
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 26 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R790R711 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Wheatland's Farm House and Chalets bied selfsorgverblyf op 'n skaapplaas net 40 km van Mosselbaai af. Verblyf word in 'n plaashuis met slaapplek vir 10 gaste gebied, of in 4 kothuise wat elkeen slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders het.
Die plaashuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en 'n aparte woonstel. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ekstra dubbelslaapbank in die sonkamer. Daar is 'n aparte woonstel met slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, elektriese vierplaatstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware vir 8 gaste. Daar is 'n buitebraai, 'n dubbelmotorhuis en genoeg parkeerplek buite.
Daar is ook 4 chalets op die plaasoorkant een van ons wildplase. Dit is gebou uit sinkplaat en gedeeltes van staalraamrakke. Wheatland's se chalets is toegerus vir 4 gaste, verkieslik 2 volwassenes en 2 kinders.
Elke eenheid het 'n enkelwoonstel-opset met 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die beste slaap-opset sou 2 volwassenes op die koningingrootte-bed en 2 kinders op die stapelbeddens wees. Elke eenheid beskik ook oor 'n eetarea met 'n etenstafel en 4 stoele, 'n sitarea met 2 leerbanke en 'n koffietafel. Die kombuis is toegerus met 'n induksiestoofplaat, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Daar is braaigeriewe en sitplek op die stoep sodat gaste van hier af kan kyk hoe die springbokke en soms ook die sebras om die eenhede rondwandel. Alpakkas en blouwildebeeste kom lê ook soms besoek af. Die elande hou hulself maar eenkant in die nabye kamp.
Daar is geen TV's in die chalets of plaashuis nie.
Die plaas se water is drinkbaar, maar gebottelde water word aanbeveel.
Doendinge en besienswaardighede in die area sluit hengel, piekniekplekke, gin-, wyn- en kaasproe, boerekos by plaasrestaurante, die Aloe Factory, wildkyk, strande in Vleesbaai, Gouritsmond, Stilbaai, Mosselbaai en 4x4-duinry, draf, voetslaan en fietsry in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Colleen Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 33
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Wheatland's Farm House and Chalets het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 26 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom