Gouritz Akkommodasie by Wheatland's Farm House and Chalets | LekkeSlaap
+73
+73

Wheatland's Farm House and Chalets

  • Vanaf R729 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Wheatland's Farm House and Chalets bied selfsorgverblyf op 'n skaapplaas net 40 km van Mosselbaai af. Verblyf word in 'n plaashuis met slaapplek vir 8 gaste gebied, of in 4 kothuise wat elkeen slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders het.

Die plaashuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is 'n aparte woonstel met slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, elektriese vierplaatstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware vir 8 gaste. Daar is 'n buitebraai, 'n dubbelmotorhuis en genoeg parkeerplek buite. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar ongelukkig is daar nie 'n TV in die plaashuis nie.

Daar is ook 4 chalets op die plaasoorkant een van ons wildplase. Dit is gebou uit sinkplaat en gedeeltes van staalraamrakke.

Elke eenheid het 'n enkelwoonstel-opset met 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die beste slaap-opset sou 2 volwassenes op die koningingrootte-bed en 2 kinders op die stapelbeddens wees. Elke eenheid beskik ook oor 'n eetarea met 'n etenstafel en 4 stoele, 'n sitarea met 2 leerbanke en 'n koffietafel. Die kombuis is toegerus met 'n induksiestoofplaat, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Daar is braaigeriewe en sitplek op die stoep sodat gaste van hier af kan kyk hoe die springbokke en soms ook die sebras om die eenhede rondwandel. Alpakkas en blouwildebeeste kom lê ook soms besoek af. Die elande hou hulself maar eenkant in die nabye kamp.

Daar is geen TV's in die plaashuis of kothuise nie.

Die plaas se water is drinkbaar, maar gebottelde water word aanbeveel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Wheatland's Farm House and Chalets
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wheatland's Farm House and Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R729
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R729
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R729
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wheatland's Plaas, Johnson's Post, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczZjIwNDYyLWFhMDEtNDM1Yi1hNDUxLTJjNTY4ZWNiNWJjNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R729  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 Wheatland's Farm Johnson's Post 6504 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.308055555556 21.842777777778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za